Wenner van Regruk was stomgeslaan oor prys
Gepubliseer in die Beeld op 23 September 2008

 

Toe mev. Driekie van Eyk van Montana Tuine hoor sy is die groot wenner van Beeld se Regruk-kompetisie, moes sy eers op haar kalender kyk om seker te maak dit is nie 1 April nie.

“Ek was seker iemand bak my ’n poets of dis ’n Aprilgrap.”

Van Eyk kon kies tussen ’n swembad, lapa of tuin ter waarde van R100 000 geborg deur Power Developments.

“Ek kon nie dadelik besluit wat ek wou hê nie. Dit was eers ná besprekings met my man dat ons op ’n lapa besluit het.” Van Eyk het Saterdag die amptelike oorhandiging by die Country View-leefstylontwikkeling in Pretoria bygewoon.

Die tweede prys was ’n R35 000-vakansie, ook geborg deur Power Developments. Me. Elizabeth Skead van Florida aan die Wes-Rand het dit gewen. Me. Madelein van der Merwe het die derde prys, ’n R25 000-kroeg geborg deur die Prof. Barry-aftreeoord in Polokwane, gewen.

Die vierde prys, R20 000 kontant geborg deur die Blue Mountain-landgoed in George, het aan me. Magriet Basson van Kempton Park gegaan. Mnr. Klaas Erasmus het R5 000, geborg deur die Country View-leefstylontwikkeling, gewen.

 

 

 

Copyright © 2012. Power Group. All rights reserved.