Ons vier 25 jaar se bemagtiging van mense… ontwikkeling van gemeenskappe… verbetering van lewens
Power Group - 25ste jaar advertensie

Die tyd self verander nie omstandighede nie. Mense verander omstandighede – met verloop van tyd. Ons inisiatiewe spoor aksies aan. Aksies, wat lei na gebeure, wat vorm verleen aan die toekoms: vir ons en vir dié wie se lewens ons die afgelope kwarteeu geraak het. Dit was 'n tyd van groot veranderings. 'n Tyd van hegte verbintenis tot die bereiking van ons doel: om die lewensgehalte in Afrika deur die ontwikkeling van infrastruktuur te verhoog.

Die Power-groep is daartoe verbind om “onbeskaamd eties” te wees. Die Groep moedig ander aan om 'n eed af te lê om met die suiwerste integriteit op te tree. Dit sluit in die weiering om omkopery te pleeg, en die bereidwilligheid om redelike salarisse en lone te betaal. Die Groep meet alles wat hy doen aan drie etiese vrae: Is dit wettig? Is dit gebalanseerd? Hoe sal dit my oor myself laat voel? Lê die eed af. Besoek www.itnafrica.com.

 

 

 

 

Copyright © 2012. Power Group. All rights reserved.