![]() |
|||||
|
|||||
|
Van Krag tot Krag met Power ‘n man wat al streng veroordeel is vir sekere misstappe vertel die storie agter die storie In ‘n perdestal het hy jare gelede met sy konstruksie-onderneming, Power Construction, begin. Dit met net matriek after sy naam en nege en ‘n half jaar se ondervinding. Vandag is Graham Power, wat op eie stoom sy onderneming gevestig en uitgebrei het tot agt maatskappye, ‘n bekende sakeman en oortuigde Christen wat vanjaar sy maarskappy se twintigste bestannsjaar vier. ‘n Dinamiese, maar nederige man wat openhartig oor himself gesels. Magtige mammom Graham het dae en nagte deurgewerk en sukses op sukses behaal. Later is hy ook verkies as president van die South African Federation of Civil Engineering Contractors, die jongste en enigste nie-ingenieur ooit in so ‘n posisie. Totdat sy lewe vier jaar gelede eensklaps handomkeer verander het: hy het tot bekering gekom. “Totdat ek twee ontbyte bygewoon het met Michael Cassidy en Graeme Pollock as sprekers. Dit het my ernstig laat nadink. Toe kry ek boonop ‘n oproep om vier weke later as spreker by ‘n ontbytsessie op te tree en oor Christenskap in die werksomgewing to praat. Ek besef toe ek is glad nie reg hiervoor nie en kry by ons plaaslike predikant ‘n paar boeke om te lees. Aand vir aand het ek gesit en lees en so ‘n passie ontwikkel vir die Bybel en ander geestelike leesstof. ‘n Kwaliteit lewe Goeie gewoontes Een keer ‘n maand kry Graham ‘n spreker om tussen vyftig en hondered werknemers toe te spreek. Hy moedig ook sy mense aan om vroeg oggend of gedurende middagete ‘n Bybelstudie of selgroep te begin en hul persoonlike probleme te bespreek. Net so belangrik is dit nou vir hom om ‘n etiese komitee en waardes daar te stel. Krisisse en terugslae hanteer Graham saam met God. “Soggens as ek op kantoor kom, spandeer ek ongeveer ‘n halfuur agter geslote deur met Bybelstudie en gebed. Daardie tyd is vir my krities en help my deur enige dag. Dit is vir my belangrik om my tiende vir die kerk te gee, asook ‘n persentasie van die maatsjappy winste. Vandat dit on beleid is, het ek gevind dat ons omset en wins van krag tot krag gaan.” Verander en Vernuwe Lesse wat hy daaruit geleer het? “Ek dink om kort paaie te neem en dinge te doen was oneties is, nie vir ‘n mens vooruitgang inhou nie. AS jy sou wegstap van dinge wat nie reg is nie, gaan jy steeds vind dat werk in oorvloed na jou kant to kom.” Hierdie sakeman wat glo iets is reg of verkeerd, se lewenslus is Spreuke 3:5-10: Vertrou volkome op doe Here en moenie op jou eoe insigte staatmaak nie. . . “Ek weet dat ek nie op my eie krag kan staatmaak nie. Dit is ook nie te danke aan my harde werk dat ek suksesvol is nie, maar die Here wat my krag gee en help. ‘n Mens moenie wag dat jy deur trauma gaan om op jou kniee te kom nie.”
|
|||||
| Copyright © 2012. Power Group. All rights reserved. | |||||