![]() |
||||||||
|
||||||||
|
Power staan sterk in Gauteng - en vier met swier Dit kon 'n doodgewone Woensdagaand in Highway Business Park, Centurion gewees het. Maar dit was alles behalwe dood, of gewoon.
Volgens Henrie Jonck, Power Developments se Besturende Direkteur, was die aand "iets besonders". "Dit was ons tweede jaarfunksie hier in Gauteng. Verlede jaar was daar nog baie onbekende gesigte, maar vanjaar het dit soos een groot familie gevoel. Vir ons was dit 'n kans om ons kliënte, finansiële instellings en konsultante 'n slag te bedank vir hul gewaardeerde ondersteuning terwyl Power Developments besig was om sy voete in Gauteng te vind." Francois Voigt, Direkteur van Power North, wil hê die jaarlikse byeenkoms moet 'n instelling word; dit moet bekend raak as dié geselligheid vir almal wat tel in die ingenieurs - , konstruksie - en eiendomsontwikkelingsbedryf. "Ons jaarfunksie in Kaapstad is nou al 'n tradisie, en dieselfde begin nou in Gauteng gebeur. Mense in die bedryf kan heerlik kom kuier en netwerk, en hul bande met oudkollegas, kliënte en verskaffers hernu. Dit is die ideale geleentheid om op hoogte te bly van wat in die industrie aangaan."
PROMOSIE Groepvoorsitter, Graham Power, het by die geleentheid sy "Unashamedly Ethical" veldtog aan die plaaslike bedryf bekend gestel. Hierdie verrykende onafhanklike inisiatief het ten doel om "handel in Suid-Afrika te bevorder wat eties, professioneel en op waardes gebaseer is. Besighede, sowel as die individu kan baat." Rolspelers word gevra om 'n onderneming te onderteken, om hulle tot die waardes van grondige sakepraktyke te verbind. (Nog inligting: www.itnafrica.com) Voigt sê die opening van die Centurion-perseel is "klinkklare bewys" dat die Power Groep nou rotsvas in Gautengse bodem gewortel is. "Power is hier om te bly, en om 'n verskil te maak. Ons is besig om 'n stewige basis van kliënte, konsultante en verskaffers op te bou." |
||||||||
| Copyright © 2012. Power Group. All rights reserved. | ||||||||