![]() |
|||||
|
|||||
|
Nuwe aftree-ontwikkeling by Stellenbosch kry verdure momentum Verkope in la Clemence, die nuwe wynlandontwikkeling net buite Stellenbosch wat op die aftreemark gerig is, is besig om fluks te vorder met 80% van die wonings in fase een en twee van die ontwikkeling wat reeds van die hand gesit is. Die ontwikkeling van R240 miljoen bestaan uit 138 wonings wat op ‘n perseel van sowat 8 hektaar in vier fases oorkant die De Zalze-gholflandgoed op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes opgerig gaan word. Inus Kempen van die Liberte Trust het gese dat hulle, as ontwikkelaars can le Clemence, baie tevrede is met die momentum wat die bemarking geniet, met veral plaaslike kopers wat groot belangstelling in die ontwikkeling toon. Algemene opriuming van die perseel wat verwydering van die uitheemse bome en afbreek van oorbodige structure behels, is reeds afgehandel. Die bourommel word tans vergruis om as stutlae vir die paaie gebruik te word. Na afhandeling van die opriuming, kon die posisie van die inheemse bome (wat veral in fase drie en vier voorkom) akkuraat opgemeet word. “’n Volledige studie van al die inheemse bome rakende die grootte, posisie en die toestand van elke boom, asook ‘n aanbeveling in sake die toekoms van elke boom, is pas afgehandel. Die studie, finale terreinontwikkelingsplan en landskapsplan is nour deur die Stellenbosse Munisipaliteit en die Boom advieskomitee van die munisipaliteit goedgekeur,” het Kempen gese. Die Kultuurhistoriese waarde van die ou olienhoutbome word beklemtoon deur die feit dat die ontwikkelaar sonder huiwering twee erwe in fase drie en vier prysgegee he tom die ou bome te bewaar. “Bome sou nooit onverskillig afgekap word nie. Die natuurlike boomrykheid, uitsig oor die wynlande en die Stellenbosse berge was juis in die aanvanklike beplanning geidentifiseer as ‘iets’ besonders, wat as pluspunt vir die ontwikkeling sou dien,” het hy gese. Die kontrak van ongeveer R3 miljoen vir die massagrondwerke vir die hele ontwikkeling is pas aan Power Construction toegeken met die dienste vir fase een en twee wat sal volg. Bouwerk aan die wonings in fase een en twee sal teen die einde van die jaar begin. Die sketsplanontwerp van die klunhuis is byna voltooi, met die ontwerp van die kombuis wat in samewerking met die sjef van ‘n bekende plaaslike restaurant gefinaliseer is. Die kombuis word so ontwerp dat dit in ‘n noordelike rigting uitleef om die uitsig oor die berge te benut.
|
|||||
| Copyright © 2012. Power Group. All rights reserved. | |||||